Die opspraakwekkende saak teen Galinda Nelson, bekend as die “kettingvrou”, word Dinsdag 8 Julie in die hof in Worcester voortgesit.

Nelson is in 2019 in hegtenis geneem nadat sy daarvan beskuldig is dat sy kinders wat in pleegsorg by haar geplaas is, aan ‘n bed vasgeketting en met ‘n karwats geslaan het. Sy het 12 kinders in haar sorg gehad waar sy buite Worcester in die Scherpenheuwel-omgewing gebly het. Die kinders is ná haar inhegtenisneming uit haar sorg verwyder.

Die verhoor het talle oponthoude gehad, onder meer omdat Nelson versoek het dat van die verklarings in Engels vertaal en getik word. Sy het haarself by een van die verskynings in ‘n badkamer toege- sluit en geweier om uit te kom, is vroeër berig. Die uitbreek van Covid-19 het ook die vordering belemmer. Nelson het nie ‘n prokureur nie, maar het verkies om haar saak self te behartig. Sy staan tereg op twee aanklagte van kindermishandeling. Sy het voorheen ‘n organisasie sonder winsbejag, genaamd Cardinal Halyard International, bestuur, wat na wees- en mishandelde kinders omgesien het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article