The Fleet neem komende Sondag aan ’n welwillendheidskompetisie in Paarl deel.

Credit: SYSTEM

Alle paaie lei Sondag na die Faure-stadion in die Paarl waar die room van Kersfeeskore aan ’n welwillendheidskompetisie gaan deelneem.

Dit is ook ’n geleentheid vir baie kore, wat in die Covid-19-pandemie nie kon speel nie, om weer hul staal te wys. Vir The Fleet gaan dit ’n groot uitdaging wees.

The Fleet, wat hierdie jaar sy 75ste bestaansjaar vier, het hoë standaarde gestel. Om die beste te wees moet jy teen die beste kan kompeteer, en dit sal sy orkesleier, Danville Barry, net meer aanspoor om die beste uit sy orkes te kry.

Barry is ’n onbekende by Kersfeeskore en dit kan die mededingers se kaarte lelik deurmekaar krap. Hy is ’n baie uitgeslape orkesleier en sal hom nie laat ontsenu deur die groot orkeste soos Perseverance, Ceres Crusaders, Royal Stars, St. Josephs en Pilgrim Crusaders nie.

Gedurende The Fleet se voorbereiding kon jy die vasberadenheid bespeur en die goeie gees voel toe hy sy orkes gehelp het om die fynere kunsies te bemeester.

Barry is nie baie bekommerd oor groot orkeste nie, maar hy glo aan ’n gebalanseerde orkes met ’n baie soet klank. The Fleet sal ook met die grootste toeskouertalle by Kersfeeskore aangevuur word deur sy lojale toeskouers. Toeskouers word gevra om nie te wag nie, want daar is nog net beperkte sitplekke in die busse beskikbaar. V Vir meer besonderhede kan die kassier, Nolan Daames, by 076 488 4701 gekontak word. Kaartjies kos R130 en sluit die kaartjiegeld in vir die kompetisie. Die busse vertrek om 06:00.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article