Ons almal weet watter kopseer dit is as jou voertuig in die middel van nêrens breek.
Dit is altyd ’n gesukkel om ’n betroubare en bekostigbare diensverskaffer op te spoor, veral as dit nie net ’n pap wiel is nie.
Maar nie in Laingsburg nie. Hier is die bandeplek en motordiensstasie sommer op dieselfde perseel. Boonop kan jy, terwyl jy wag vir jou motor, sommer net daar by die padstal iets geniet.
Karoo Motors is slaggereed met sy motorwerktuig-kundiges en die Dunlop Zone is altyd reg om jou bande na te gaan – dit alles terwyl jy smul aan heerlike tuisgemaakte en tradisionele Karookos.
Karoo Motors diens ligte en swaar voertuie, en maak op die koop toe windpompe en trekkers ook reg.
Draaibankwerk en besproeiingstoerusting is ook beskikbaar en kwaliteit dienslewering is die missie van die span. Hulle staan van Maandag tot Vrydag tussen 08:00 en 18:00 reg om elke kliënt te bedien.
Vir vinnige en doeltreffende diens wanneer jou bande probleme gee, is Dunlop Zone net die regte plek om te stop. Met bande in enige grootte streef die span daarna om hul kliënte so spoedig moontlik terug op die pad te kry. Hoewel die besigheidsure van Maandag tot Vrydag tussen 08:00 en 18:00 is, is die span na ure ook bereikbaar by 079 497 1620.
As jy tradisionele tuisgemaakte Karoo-produkte soek, kan jy van Maandae tot Vrydae by die Oewer-padstal inloer.
Hier kry jy alles wat lekker is, van konfyt tot terte en koeke. Die Oewer bak ook op aanvraag en neem bestellings vir verskeie geleenthede. Kontak hulle dus gerus by 082 393 4930.


