Moet die gewilde rocker, Karen Zoid en haar band nie misloop nie wanneer hulle saam met Snotkop optree by Kleinplasie in Worcester op 15 Oktober.
Hierdie slegs een-aand-vertoning word in samewerking gehou met Fairy Glen Wildreservaat.
Maak jouself reg vir ’n dag vol musiek en vermaak.
Daar sal ’n volle kroeg wees met talle kosstalletjies, asook veilige parkering.
Bepreek jou kaartjies vroegtydig by webtickets.co.za of by jou naaste Pick n Pay-tak. Vir meer inligting oor die konsert besoek die Facebook-blad Karen Zoid and Snotkop in Worcester.





