: Johan Steenkamp Eiendomskonsultant Kort agtergrond: Johan Steenkamp is 15 jaar in die plaaslike eiendomsbedryf. Hy beskik oor die volgende kwalifikasies: CEA, Real Estate NQF4, PDE. Hy beskik ook oor die titel as “Professionele Praktisyn in Eiendomme” Graag nooi hy bestaande en voornemende kliënte om hom te kontak vir hulle eiendomsbehoeftes. Kontakbesonderhede: Johan Steenkamp, tel: Johan 083 983 9488, E-pos: johans@just.property.


Just Property – Die groep

Just Property is in 2000 gestig en het vinnig een van die mees gerespekteerde eiendomdiensmaatskappye landwyd geword. Just Property is tans die vinnigste groeiende eiendomsagentskapgroep in Suid-Afrika met meer as 120 aktiewe kantore landswyd.

Nasionaal fokus die groep al sedert 2010 suksesvol op residensiële verkope en ons behaal jaarliks groei in residensiële verkope met ±68%.

Just Property, voorheen bekend as Just Letting, was die eerste eiendomsagentskap wat gespesialiseer het in verhuring van residensiële eiendomme. Volgens kenners geniet Just Property die grootste mark-aandeel in residensiële verhurings in Suid-Afrika van al die eiendomsagentskappe.


Just Property Dienste

As ’n hoofspeler in die eiendomsbedryf bied ons vriendelike, professionele dienste wat insluit verkope en verhuring in die residensiële, kommersiële en nywerheidsmarkte.

Het u ’n eiendom te koop of wil u ’n verantwoordelike huurder vind, ons span sal altyd u beste belange ter harte neem! U sal die voordeel geniet dat ons vir u ’n gemaklike, streslose ervaring sal bied met ons ervare, bekwame span met meer as 23 jaar se ervaring.


Ons benadering

By ons gaan dit net oor eiendom – Just Property! Jou eiendom! Of u verkoop, koop of verhuur, residensieel of kommersieel – dit is ons fokus. Ons verstaan dat eiendom vir u baie belangrik is en dat u net die beste transaksie by ons wil hê. Niks meer nie, niks minder nie. Ons wil die beste eiendomsoplossing vir u vind, so gou en effektief as moontlik. U is vir ons baie belangrik en ons wil dit beter, vinniger en eenvoudiger doen as enige iemand anders!


Ons span

Just Property bied professionele kundigheid aan kliënte wat waarde toevoeg tot elke transaksie.

Ons kern-bestuurspan staan onder leiding van Jacques Basson, die prinsipaal van Just Property in die Paarl, Franschhoek, Wellington en Worcester. Jacques het ’n meestersgraad in ekonomie van Universiteit Stellenbosch, sowel as ’n nagraadse Gevorderde Bestuursprogram by die Bestuurskool van Unisa. Hy kombineer sy 15 jaar ondervinding in die eiendomsmark met ’n suksesvolle loopbaan in die bankwese. Sy mede- senior aandeelhouer, Jean Basson, is ’n geregistreerde geoktrooieerde rekenmeester met uitgebreide ondervinding in die bestuur en beheer van besighede. Die waarde wat Jean en Jacques toevoeg is onvervangbaar.

Verdere aandeelhouers bestaan uit jong dinamiese en ervare sakekenners en hulle bied unieke beleggerskennis en sake-ondervinding aan kliënte.

Hierdie etiek-gedrewe span is dus by uitstek bevoeg om die potensiële belegger van markverwante advies te voorsien. Ons nooi kliënte uit om op ons kundigheid te steun.

Ons lewer professionele advies deur kliënte van die regte toepaslike inligting te voorsien en daardeur te verseker dat hulle ingeligte beleggingsbesluite insake eiendomstransaksies neem en sodoende risiko verminder.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article