Het jy die volgende Afrikaanse jeug­roman wat jy weet ’n wenner gaan wees?

As jou antwoord ja is, is hierdie ge­leentheid net vir jou. Lapa se jeug­kom­­petisie is weer hier.

Fanie Viljoen

Fanie Viljoen het al LAPA se jeugromankompetisie gewen. Jy kan dal ook!
Hierdie gewilde kompetisie het al be­kendes getrek soos Fanie Viljoen met Afkop, Marita van der Vyfer met Al wat ek weet, Jan Vermeulen met Asem, Nanette van Rooyen met Ek was hier en Carina Diedericks-Hugo met Permanente ink. Nuwe skrywers soos Zelda Bezui­den­hout met As mens geluk kon proe, is ook in hierdie kompetisie ontdek.

Die kompetisie se prysgeld beloop sowat R50 000. Die eerstepryswenner stap met R25 000 weg, tweede met R15 000 en derde met R10 000. Skrywers wat nie in die topdrie eindig nie, se werk kan ook gepubliseer word.

Lapa nooi graag alle skrywers en voornemende skrywers om deel te neem aan hierdie geleentheid om die stories wat in jou kop wemel die lig te laat sien.
Inskrywings sluit 31 Oktober 2019. Besoek www.lapa.co.za vir nog inligting insluitend die kompetisiereëls. 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article