Gesinne het hulself geniet tydens die Paasbasaar in Worcester.
Besoekers het heerlik saam in die strate gekuier en die stalletjies by die jaarlikse Paasbasaar in Worcester geniet. Foto: Luciano du Toit

Worcester se strate was stampvol tydens die tradisionele Paasbasaar wat Maandag (21 April) gehou is.

Besoekers het heerlik aan roosterkoeke, koeksisters, samoesas en allerhande eetgoed wat te koop was, gesmul en gesellig in die strate saam met mekaar gekuier.

Daar was ook stalletjies met klere en handgemaakte speelgoed.

Die basaar is al langer as ‘n eeu ‘n feesviering van gemeenskap en kultuur, met die Christelike en Moslem-gemeenskappe in die dorp wat saamspan om die basaar te reël en sodoende hul geldkoffers aan te vul.

Besoekers aan die Nekkies Easter Music Festival het hulle aan die Paasbasaar se lekkernye en stalletjies gaan verlustig, met die Kaapstadse radiostasie Heart FM wat ‘n insetsel oor die basaar gelewer het.

Inwoners het Worcester se strate deurgestap tydens die Paasbasaar. Foto: Luciano du Toit
Worcester se strate was stampvol met besoekers tydens die Paasbasaar. Foto: Luciano du Toit

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article