Die probleme wat die Worcester-biblioteek die afgelope paar weke met internettoegang vir die publiek ondervind het, is opgelos en mense kan nou weer die tien beskikbare rekenaars daar gebruik.
Rekenaar- en internetdienste is ook by al die ander biblioteke in die Breedevallei se munisipale gebied beskikbaar.
Yeboneer-rekenaarstudente is by Avianpark, De Doorns, Esselen, Goudini, Steenvliet, Touwsrivier, Worcester en Zwelethemba-biblioteke beskikbaar om met rekenaar of internetverwante navrae te help.
Kontak Abdullah Omardien, die toegewyde biblioteek-rekenaarspesialis, vir enige rekenaarverwante navrae of opleiding by biblioteke by 023 348 2773.



