Konstruksiewerk word tans by die Worcester-biblioteek gedoen om dié fasiliteit te verbeter.
Die biblioteek sal dus Vrydag 3 en Saterdag 4 Maart vir die publiek gesluit wees.
Konstruksiewerk met hoë geraasvlakke en groot hoeveelhede stof kan gedurende hierdie tydperk verwag word, en die projek sal ongeveer twee maande lank duur.
Buiten hierdie naweek sal die publiek egter steeds die fasiliteit kan gebruik, maar sal soms verontrief word.
Navrae om naslaanwerk op die boonste verdieping te gebruik, moet by die toonbank gedoen word.



