Hyundai Worcester het pas ’n gedaanteverwisseling ondergaan en dra nou ’n ultramoderne baadjie, ná ekstensiewe vernuwingswerk aan die geboue in Hoogstraat.

Maar dié Hyundai-handelaar het nie ’n nuwe baadjie nodig om sy verkoopvernuf op te kikker nie.

Hyundai Worcester het nog altyd ’n reputasie gehad vir hul uitmuntende diens en bewys hiervan is talle toekennings, insluitend die mees onlangse een: Nasionale Handelaar van die Jaar 2015, asook ’n toekenning vir beste verkope nasionaal in hul kategorie.

Hyundai Worcester het sedert 1981 vanaf ’n nederige begin tot ’n belangrike sake-eenheid op Worcester gegroei .

Die besigheid het destyds sy ontstaan gehad toe Pierre de Villiers begin handeldryf het met Suzuki-motorfietse as De Villiers Auto. In 1987 het hy oorgeslaan na Mazda-motorhandelaar, daarna ook Ford en in 1999 saamgesmelt met Daiwoo en Chevrolet.

En in 2006, onder die leiding van Pierre se seun, Jean, het De Villiers Auto die tuiste van Hyundai Worcester geraak.

En die besigheid wat begin het met slegs Pierre en twee ander personeellede, het gegroei tot ’n stewige besigheid met meer as 40 toegewyde werknemers.

Met die vernuwing wat aangebring is aan beide die tweedehandsevoertuigtak, asook die aangrensende Hyundai-toonlokaal, kan dié plattelandse motorhandelaar enige tyd ­breëbors laat meeding met stadshandelaars.

Pierre sê dat die besigheid se sukses toeskryf kan word aan die goeie grondslag waarop sy pa die besigheid destyds begin het.

“De Villiers Auto het nog altyd ’n reputasie gehad as ’n familiebesigheid wat sy kliënte altyd eerste stel. ’n Bewys hiervan is die feit dat ons met verskeie geslagte families steeds besigheid doen.”

Verder sê Jean hy en sy personeel is goed opgelei in die nuutste en modernste motortegnologie en dat hulle op hoogte bly met hedendaagse tendense in die motorindustrie.

“Die fabrikaat Hyundai is ook ’n uitstekende en bekostigbare produk, vanaf intreemodelle soos die i10 tot die uiters luukse Santa Fé.”

Maar kliëntediens bly steeds vir Jean en sy personeel die belangrikste aspek van die besigheid – dít is ons sukses, sê hy.

“Ons loop ’n lewenslange pad saam met ons kliënte.”

Ronald Botes, wat vir die afgelope 10 jaar hul kliënt is, sê Worcester Hyundai is ’n uitstekende besigheid ten opsigte van dienslewering. Hul kliënte kom altyd eerste.

“Ek was nog nooit teleurgestel oor hul diens nie. Hulle behandel jou soos ’n VIP wanneer jy hul winkel binnekom. Hul naverkoopdiens is uitstekend.

“Hul karre is beslis waarde vir geld. Die meeste karre kom met baie luukses, wat die meeste mededingers jou nie teen dieselfde prys kan bied nie en hul voertuie is van hoë gehalte.

Net wanneer hy dink die vorige kar wat hy by hulle gekoop het, was tops, dan kom hulle met iets buitengewoons vorendag en oortref sy wildste verwagtinge.

“Ek sal beslis Hyundai Worcester aanbeveel vir alle voornemende kopers. Hul voertuie is regtig waarde vir geld.”

Ten slotte: Die eienaar se leuse is om die kliënt tevrede te stel al beteken dit hul wins is kleiner op die aankope.

“Worcester Hyundai is tops! ”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article