Die Standard Breederivier Gazette het verlede week sanitêre doekies by sewe hoërskole afgelewer. Dit is moontlik gemaak deur die sanitêre-doekie-insamelingsinisiatief wat die Standard Breederivier Gazette deur die loop van Augustus gehou het. Verskeie groepe, maatskappye en talle individue het tot die sukses van die projek bygedra. Ilana Darries (regs), ’n onderwyser by die Hoërskool Somerster, ontvang ’n skenking van Tamsyn Jantjies, senior joernalis by Standard Breederivier Gazette. Enigeen wat sanitêre doekies by ons kantoor wil aflaai, is welkom om dit te doen. Die koerant sal dit by behoeftige skole uitdeel. Foto:


Hulp aan meisies

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article