Hoogstraat sal nie Hoogstraat wees sonder Hoogstraat Vleismark nie.

Dié bekende baken se vleis is sò gewild, dat die ry mense maandeinde soms by die deur uitstaan.

En met rede: hul vleis is heerlik en is bekostigbaar.

Kobus de Kock, eienaar, sê hy is inniglik dankbaar teenoor klante vir hul ondersteuning deur die jare.

“Baie dankie aan al ons klante wat ons gereeld ondersteun.”

Hoogstraat se slagvee word direk by boere aangekoop, en by die abattoir op Worcester geslag.

Hoogstraat maak ook al hul wors en koue vleise in die slaghuis self.

“Dit word met uitgesoekte vleis vervaardig, dus is dit is van hoogstaande gehalte,” sê hy.

Met meer as altesaam 120 jaar ondervinding in die vleisbedryf, kan mense nie verkeerd gaan om hul maandelikse vleisvoorraad by Hoogstraat Vleismark te gaan aanvul nie.

Hulle is geleë by Hoogstraat 123 en hul telefoonnommer is 023 347 6067.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article