Agter: Rian Higgs, Hans Klüsmann, Jacques Troskie, Henry Damant en Pieter Mienie (kaptein). Middel: Stian Viola, Bruce-John Joseph, Javon Cupido, Dirk Hofmeyr en Oluwaseun Akinnus. Voor: Shane Blom, Endi Mdingi, Giano Jefta en Cassiem Fredericks (onderkaptein).Foto:


Worcester Gimnasium se eerste seunshokkiespan het aan die Spur International Brothers-toernooi deelgeneem.

Dit is ’n baie groot eer om na hierdie toernooi genooi te word aangesien slegs 24 spanne daaraan deelneem.

Die span het baie goed presteer en het negende uit altesaam 24 spanne geëindig, waarvan 25% internasionale spanne was.

Die seunspan van Worcester Gimnasium beklee ook tans die 19de plek op die SA Skole-seunshokkie-ranglys.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article