Hennelie du Toit Gesondheid en Velsorg Spa-kliniek se terapeute, van links, Linka Stemmet, Hannelie du Toit en Ilani Barnard.

Hennelie du Toit Gesondheid en Velsorg Spa-kliniek is geleë in die pragtige Brandwacht-vallei net buite Worcester, waar die Brandwacht-piek oor die gebied en sy mense waak.

Die Hannelie du Toit Gesondheids- en Velsorg Spa-kliniek lewer vir die afgelope 23 jaar uitmuntende diens aan sy kliënte.

Die spa se filosofie is dat jou gesondheid, voorkoms en die manier waarop jy verouder, alles afhang van jou leefstyl, die kos wat jy eet, aanvullings wat jy neem, behandelings wat jy kies en produkte wat jy gebruik.

Behandeling word toegepas op die behoefte van elke kliënt, oud of jonk, man of vrou, terwyl hulle poog om balans en harmonie te skep.

Jy sal jouself, vir seker, fisiek en geestelik geniet en die ware betekenis van self-versorging leer.

Met drie professionele skoonheidsterapeute bied hulle ’n verskeidenheid behandelings van gesondheids- en velsorg tot paramediese veltegnologie.

Volgens eienaar Hannelie du Toit is daar ’n wye reeks opsies om van te kies, die een lekkerder as die ander. Sy glo om jouself te bederf hoef nie baie geld te kos nie.

Besigheidsure is Dinsdae tot Vrydae van 07:00 tot 19:00, en Saterdae van 08:00 tot 14:00. Vir meer inligting of besprekings, skakel 023 342 1121 of besoek www.normandie.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article