Die Hoërskool Hexvallei in De Doorns het onlangs sy beesloop-geleentheid gehou waar Spikkels, die bees, teenwoordig was. Van links is Quelon McDillon, Rumark Noble, Lee-Roy Williams, Xavier Has, Ashwin Oliphant, Borchted Rossouw, Waldo Springveldt (skoolhoof), en Mart-Mari van Wyk (onderwyser). Al die leerders is in gr. 9. ’n Beesloop is gewoonlik ’n geldinsameling waar ’n bees van ’n nabye plaas vervoer word na ’n skool se sportvelde en vrylik kan rondloop in uitgesette blokke wat die skoolgemeenskap kan koop teen ’n sekere prys. Wanneer die bees dan mis in een van die uitgesette blokke, wen die persoon wat daardie blok gekoop het ’n prys.


Hexvallei hou beesloop

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article