Die Ons Winkel-winkels is Solidariteit Helpende Hand se groep landswye liefdadigheidswinkels, ook bekend as skenkingswinkels, tweedehandse winkels, snuffelwinkels en “thrift stores”. Hier kan jy jou tweedehandse goedere skenk en dalk self een of twee winskopies raakloop. Die wins wat ons maak uit die verkoop van jou bruikbare artikels wat jy nie meer gebruik nie, stel Solidariteit Helpende Hand in staat om volhoubare verandering in ons gemeenskap te bewerkstellig.
Het jy iets by jou huis of werkplek wat net in die pad staan? Of bars jou kas dalk uit sy nate met klere wat jy nie meer dra nie? Skenk dit aan Ons Winkel Robertson. Jou tweedehandse goed skep hoop vir ander. Ons Winkel Robertson is nie sommer net enige winkel nie. Ons pronk met ’n verskeidenheid goedere van goeie gehalte teen ’n bekostigbare prys.
Met die opbrengs van die verkope bied Helpende Hand maatskaplike hulp in die gemeenskap en pak projekte aan wat gemeenskappe bevorder en ophef. Die Ons Winkel-winkels skep ook werksgeleenthede en dra by tot studiegeld vir jongmense wat wil gaan studeer, maar dit nie sonder hulp kan bekostig nie. Jou skenking is nie sommer net ’n ou ding waarvan jy ontslae wil raak nie; dit bied vir iemand ’n bekostigbare artikel en help om jongmense se studiedrome te verwesenlik.
Besoek Ons Winkel Robertson by Barrystraat 78 om jou ongebruikte of oortollige artikels te skenk of vir jouself ’n winskopie of twee op te raap. Ons kan skenkings ook by jou oplaai. Kontak Ina by 082 651 3045 om dit te reël.
As jy graag by enige van Solidariteit Helpende Hand se projekte betrokke wil raak, kontak ons streekorganiseerder Alisha de Lange by alisha@helpendehand.co.za



