Die Hartwig Lions-krieketklub hou vanjaar ná ’n afwesigheid van twee jaar weer sy gewilde Big Bash-kriekettoernooi op 22 Januarie, waarvoor nagenoeg 20 spanne reeds geregistreer het om deel te neem. Die wedstryde sal op ’n tuis- en weg-grondslag oor twee rondes reg oor die dorp gespeel word, met die halfeindstryde asook die eindstryd wat op 2 April by Green Valley in Worcester sal plaasvind. Verskeie hooggeplaastes sal by die geleentheid wees en sowat 2 000 toeskouers word by die eindstryd verwag. Twee wedstryde sal van Sondag (22 Januarie) af op ’n veld gespeel word en toeskouers kan uitsien na lekker opwindende krieket. Belangstellendes kan Japie Visser by 061 596 8055 of by japievisser42@gmail.com kontak. Foto: Van links staan die bestuurslede, Anneline Lloyd, Graham Farland, Stacey-Linn Fransman, Japie Visser, Lorrette Solomons, Georgeo Langdon en Roslyn Langdon.


Hartwig Lions-krieketklub hou weer sy gewilde Big Bash

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article