Die Hartwig Lions-krieketklub hou vir die volgende twee Sondae sy jaarlikse Big Bash-toernooi op ’n uitklopbasis. Slegs agt genooide spanne sal daaraan deelneem.

Wedstryde sal op ’n 15-boulbeurt- van ’n een-beurt-basis gespeel word. Die spanne wat genooi is, sluit in Pumas, Orchard, Pro Eagles, Quickies, Black Leopards, Young Titans en Zazon, wat saam met Lions gaan deelneem.

Wedstryde sal om 12:00 Sondag op verskeie velde in Roodewal begin.

Indien enige van die spanne onttrek, sal ’n ander span gevra word om deel te neem. Vir navrae kontak die voorsitter, George Langdon, by 065 207 6910.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article