Die bekende glanspersoonlikhieid, Hannes van Wyk, maak op 10 Desember ’n draai by Melissa’s@DuToitskloofstet as deel van die bekendstelling van sy koffietafelboek Vroue na aan my Hart.

Hierdie is deel van sy landwye boekbekendstellingstoer wat deur Du Toitskloof Wyne geborg word.

Hierdie pragtige koffietafelboek, wat deur NB-uitgewers uitgegee word, bring hulde aan 40 vroue wat ’n groot invloed op Van Wyk se lewe gehad het. Van die vroue wat in die boek vereer word en ook die aand as gaste sal bywoon, is onder andere Sandra Prinsloo en Elsabé Daneel.

Vir nadere besonderhede en kaartjies, e-pos helga@dutoitskloof.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article