Die ongeluk by Worcester waarin een mens dood is


‘n Noodlottige ongeluk Woensdag, 3 Oktober,  op die
N1 tussen Worcester en die weegbrug het die lewe van een persoon geëis.

Twee mense het ernstige beserings opgedoen en een persoon het slegs ligte
besering opgedoen.  Die ongeluk het
omstreeks 22:45 plaasgevind.

Volgens die Wes-Kaapse verkeershoof, Kenny Africa,
het twee vragmotors reg van voor teen mekaar gebots, waarna ‘n derde voertuig ook in die ongeluk betrokke geraak het.

Die ongeluk by Worcester waarin een mens dood is
Die ongeluk by Worcester waarin een mens dood is

Teen vanoggend
was die pad steeds gesluit vir opruimingsdoeleindes, maar dit is later vanoggend weer geopen. Die gerugte op sosiale media dat die verkeersbeamptes nie op die toneel was nie, is volgens Africa onwaar. Die
verkeer het wel later by die toneel opgedaag.

Navrae oor die ongeluk is aan die Rawsonville-polisie gerig oor die identiteit van die oorledene en dit sal bygewerk word sodra meer inligting ontvang word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article