Nuy Wynkelder is geleë in die skilderagtige Nuyriviervallei en word geken aan hul ryke erfenis, geïnspireer deur die uitstekende vallei-terroir en volbring deur meesterwynmakers.
Dit is dan ook juis hierdie erfenis waarop hul nuutste reeks wyne geskoei is.
Die nuwe reeks sluit in die Inspiration-, Mastery- en Legacy-reekse. Die Inspiration- reeks bied ’n wye verskeidenheid top chenin blanc, sauvignon blanc, shiraz, cabernet sauvignon en twee gewilde vonkelwyne – ’n semidroë sauvignon blanc en effens soeter muskadel. Mastery verteenwoordig ’n meer komplekse reeks wyne en sluit in chardonnay, shiraz, cabernet sauvignon en pinotage, terwyl Nuy Wynkelder se nuwe vlagskipreeks, Legacy, ’n wit- en rooiversnit, nuweling MCC, hul bekende muskadel en ’n potketelgedistilleerde brandewyn bied.
Die nuwe reeks word verder gekomplementeer deur ’n nuutontwerpte etiket wat die wapenskilde van naburige Worcester en Robertson uitbeeld met ’n afdruk van die nuwe lokaal in die agtergrond.




