Worcester ACVV het onlangs sy nuwe bestuur verkies. Agter, van links, staan Jacoba Franken, Martha Nieuwoudt, Gerrie Johan Agenbag (tesourier) en Richard Ellmann. Voor staan Michelle du Plessis (ondervoorsitter), Helena Baard (voorsitter) en Anneline le Roux (sekretaresse). Afwesig: Helena du Plessis, Susara Bredell en Chantel Van Zyl.“Die nuutverkose bestuur van die ACVV het ’n groot taak op hande. Met die swak ekonomie en verlaagde subsidies moet baie inisiatief aan die dag gelê word om die spreekwoordelike pot aan die kook te hou. Ons benodig mans en vroue wat bereid is om drie tot vier ure per week as vrywilligers te help met take soos administrasie van funksies, hantering van uitnodigings en bedankings waar nodig asook die ontwerp en instandhouding van inligting op verskillende digitale mediaplatforms, sowel as geldinsameling.” Indien u belangstel, kontak Helena Baard by 082 905 87558.Foto:


‘Groot taak’ wag vir nuwe ACVV-bestuur

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article