Die CANSA Relay For Life het die afgelope naweek by die Rawsonville Equestrian Centre plaasgevind met talle spanne wat deurnag gestap het ter ondersteuning van Kansa, en om hiervoor geld in te samel. Hierdie is ’n internasionale geleentheid wat deur kankerverenigings oor die wêreld heen aangebied word. Die doel daarvan is eerstens om ’n spesiale geleentheid te skep waar gemeenskappe hul solidariteit kan toon met mense wat deur kanker geraak word. Op die foto is een van die prettige spanne wat hul tyd vir ’n goeie doel opgeoffer het. Foto: Pieter Cordier


Groot pret vir ernstige saak

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article