Hierdie besondere eiendom wat uitstekend geleë is ten opsigte van skole, die dorp en hospitale, bied baie moontlikhede en word deur ATM Eiendomme bemark.

Die pragtige houtvloere, hoë plafonne en groot leefareas dra by tot die gevoel van ruimte en karakter van hierdie eiendom.

Hierdie huis, wat ideaal is vir die groter familie, bied 4 slaapkamers, 3 badkamers asook ’n aparte gaste-eenheid met ’n en suite-badkamer.

Die kombuis is goed toegerus met ’n moderne gasstoof, graniet werkoppervlak en ’n aparte eethoekie.

’n Soldervertrek van 130 m² word tans gebruik as ’n kantoor, dus is dit geskik vir werk vanaf die huis.

Dit bied egter ook die moontlikheid van ’n ekstra leefarea of speelruimte.

Op die boomryke erf van 1 398 m² is daar ’n groot swembad en onderdak- braai- of kuierarea.

Die dubbelmotorhuis bied ekstra ruimte.

Hierdie eiendom is omhein en toegerus met goeie sekuriteit.

Maak gerus ’n afspraak met ATM Eiendomme om dit te besigtig.

Bel die kantoor by 023 347 1717 of vir Barbara Kriel by 084 517 6478.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article