Die tweede ronde van die Boland-klubwedstryde het Saterdag (14 Junie) afgeskop. Primrose het Goudini in Goudini die stryd aangesê en as wenners uit die stryd getree, en 25 punte teenoor 15 punte gewen. Primrose was vinnig uit die blokke en in die 4de minuut was die telling 3-0 in sy guns. Hy het so vinnig momentum opgebou tot hy later met nege punte teenoor nul voor was.

Maar Goudini het moedig terug- geveg en later was hy voor met 10 punte teenoor nege vir Primrose. Die telling het tot met rustyd daar gebly.

Met die begin van die laaste 40 minute was dit ’n ander storie. Primrose het behoorlik die krane oopgedraai en Goudini met sy swaar pak voorspelers tot foute gedwing. Die losskakel, Jowin Nel, wat seker gemaak het hy het sy regte skopskoene aangetrek, het ook geen fout gemaak met die skoppe pale toe nie. Hy het Goudini lelik laat bont- staan en het vyf strafskoppe deur die pale gejaag met ’n persoonlike bydrae van 15 punte. Die ander bydrae het gekom van drieë deur die vleuel Betrum Ruiters en plaasvervanger Merv Ludick.

Goudini het egter nie op sy louere gerus nie, maar met mening terug- gekom en ’n onverdoelde drie aange­teken om die eindtelling op 25-15 vir Primrose te staan te bring. Wat ’n goeie begin vir Primrose! Dit sal hom meer selfvertroue gee vir sy komende wedstryde.

Primrose sê Sater­­dag Alberts-rugbyklub die stryd aan.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article