Oor die jare was Worcester Gimnasium en sy stam-skole die fondasie vir ’n groot groep individuele uitblinkers!
Net om ’n paar te noem:
Tom Jourdan (bekende Worcesteriet en oud-adjunkhoof), JJ Provoyeur (alleen-seiljagvaarder), Derick Henstra (besit die grootste argitekmaatskappy in Afrika), Gerhard Conradie (afgetrede president van die SA-gholfassosiasie), Nico McLachlan (die wêreldbekende fasiliteerder en onderhandelaar), David Barnard (reeds op vyf kontinente woestynmarathons gehardloop), Sanell Aggenbach (kunstenaar), Shimmy Isaacs (komediant), Con de Lange (krieketspeler), Jo-Wayne van Wyk (zero-to-hero), Wenda Theron (SA en Olimpiese atleet), dr. Emily Pienaar (SA atleet en bekende sielkundige), Pieter de Bod (meester brandewyndistilleerder), Ivy du Toit en Christiaan Groenewald, asook Jacques Erasmus (al drie Diners Club se Wynmakers van die Jaar), Andries Rabie (een van die beste olyfprodusente), Darren Pedro (mediese dokter van #healthwithahumantouch), Hanno Kitshoff (Boland-rugbyspeler), Nawaaz Allie (entrepreneur en gemeenskapswerker), Dorothy Rabie (musiekonderwyser), Freddie Botha (uitvoerende hoof van SA Kaleidoskoop), prof. Raymond Parsons (ekonoom), Esta Steyn (skrywer), Copers Stofberg (Naspers en Multichoice), Jaap du Toit (PSG), Martin Moore (wynmaker en kelderbestuurder), Carel Bezuidenhoud (aankondiger), Stephan (Kiewiet) du Toit (biokinetikus vir nasionale spanne), De Wet Viljoen, (wynmaker), Lara Klawikowski (mode-ontwerper), en Anyanda Ikaneg (kaptein van o.23 SA-vrouetoutrekspan in 2016) en nog baie meer.
Bosvarkunie
Die Bosvarkunie werk hard om al die skool se oudleerders se prestasies, klein of groot, raak te sien en erkenning te gee deur middel van verskillende platforms.
“Uitnemendheid is ons passie!”
Iets wat die skoolhoof, Charl Schoeman, na aan die hart lê is die leuse: “Uitnemendheid is ons passie!”
Dit staan uit in Worcester Gimnasium se gebalanseerde leerders, akademiese uitslae, prestasies op die sportveld en in musieklokale, kultuurarenas, kookkom-petisies, ensovoorts.
Baie dankie
Met Worcester Gimnasium se Beheerliggaam, die Aksie-komitee, personeel, ouers en vriende se ondersteuning is Worcester Gimnasium vandag toonaangewend met e-leer, nuwe fisiese- en lewenswetenskaplaboratoriums, oop vakkeuses vanaf graad 10 (insluitend HipHop as kunsvak), astro-hokkie en Mandaryns en nog baie meer.





