Worcester Gimnasium het vanjaar die eerste keer aan Kearsney-kollege se jaarlikse Paasnaweek-rugbyfees deelgeneem. Dit was Kearsney van Botha’s Hill tussen Pietermaritzburg en Durban se 14de Paasnaweek-rugbyfees. Gimnasium het die Spirit of the Festival-trofee vir sy uitsondelike sportmanskap, vreeslose gees en onberispelike gedrag op en weg van die veld gewen. Op dag 1 (6 April) het Gimmies vriend en vyand verras toe hy Durban High School 36-31 geklop het, maar op dag 2 (8 April) moes Gimnasium die knie buig teen Marlow, wat 30-15 gewen het. Op dag 3 (Maandag 10 April) het Gimmies ’n groot nederlaag gely toe hy 8-57 teen Glenwood verloor het. Op die foto is Gimmies tydens die toernooi.Foto: Hannah Shirley


Gimmies wen én verloor

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article