Carstens Accountants is al vir meer as 40 jaar in besigheid en lewer ’n kliënt-gesentreerde diens. Dit is wat hulle as hul visie beskou: om vir elkeen van hul kliënte ’n besigheidsadviseur te kan wees wat hulle kan vertrou.

Die firma lewer rekeningkundige, belasting-, boedel- en adviesdienste vir kliënte regdeur die Wes-Kaap.

Hulle is daagliks oop van 08:00 tot 17:00, maar beskou nie die ure as bindend nie.

“Ons besef krisisse is nie beperk tot kantoorure nie, en ons is ook beskikbaar buite die kantoor.”

Wat Carstens Accountants ook anders maak, is dat hulle deur hul assosiasies met ander instellings ’n eenstopdiens vir kliënte kan lewer. Hulle is geleë in Hoogstraat 68 en kan gekontak word by e-pos petrus@caracc.co.za of tel 023 342 2417.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article