Die triomfantlike Gelsquad 7’s span.


Die Gelsquad-7’s het hul stempel afgedruk as een van die streek se voorste 7’s-rugbyspanne deur die Worcester Warriors 7’s-toernooi teen geslagsgeweld die tweede keer in drie jaar te wen.

Die toernooi het vanjaar spanne van oor die Breërivierstreek heen gelok, insluitend van die Witzenberg-distrik en selfs Wes-Kaapse verteenwoordigers.

Die diversiteit van dié spanne het die kompetisie se standaard verhoog en die prestasie van Gelsquad soveel meer indrukwekkend gemaak.

In ’n toernooi wat bewustheid oor geslagsgeweld wil verhoog, het Gelsquad sy oorwinning aan hierdie belangrike saak toegewy.

Die span­be­stuurder, Mubeen Laatoe, het gesê: “Ons speel nie net vir oorwinnings nie; ons speel vir ’n groter doel. Geslags­geweld raak ons almal, en dit is ons verantwoordelikheid as rolmodelle om ’n verskil te maak.”

Gelsquad het ook sy jong talent vertoon. Hulle het deur die rondes gewarrel met vinnige spel en kreatiewe aanvalle, wat hul teenstanders in die stof laat byt het.

Die organiseerders van die Worcester Warriors 7’s het die toernooi afgesluit deur alle spanne, insluitend die verteenwoordigers van Witzenberg en Wes-Kaap, te bedank vir hul deelname en ondersteuning in die stryd teen geslagsgeweld.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article