Het jy al die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) se tweedehandsewinkel, Fabulous Finds, besoek?
Die Fabulous Finds-winkel is in 2020 as ’n inkomste-genererende inisiatief ten bate van Dowes en mense met gehoorverlies by die NID geopen. Die doel van die winkel is om netjiese gebruikte klere, boeke en ander huishoudelike artikels teen billike pryse aan die gemeenskap beskikbaar te stel en sodoende geld vir NID se dienste aan Dowes te verdien.
Die winkel het die afgelope drie jaar ’n groot gunsteling onder die publiek geword en het reeds ’n lojale klantebasis wat gereeld vir winskopies kom snuffel.
Die winkel bied ook die geleentheid aan mense wat hul kaste uitpak of huise opknap om met vreugde hul klere, boeke, kombuisware, huishoudelike ware en ander goedere te skenk. Jou tweedehandse eiendom kan sodoende ’n verskil maak in die lewe van meervoudig gestremde en bejaarde Dowes by NID. Dit is vir die versorging van hierdie kosbare begunstigdes dat NID Fabulous Finds se inkomste aangewend word. Skenkings kan by die NID-hoofkantoor by De la Batweg 30, Worcester, of by die NID Fabulous Finds-winkel afgelaai word.
Tesame met die opening van die winkel het die idee ook ontstaan om die winkel se ruim parkeerterrein te gebruik om in die somer markdae en -aande te hou. Dit is ’n goeie geleentheid vir plaaslike uitstallers om ook hul produkte te kom verkoop en ’n inkomste te bewerkstellig.
Tans bied die markdae en markaande geleentheid vir ongeveer 25 stalletjies op ’n keer.
Die NID is dankbaar vir goeie verhoudings met ’n netwerk van uitstallers wat mense graag ondersteun.
NID nooi u om die Fabulous Finds-winkel op Dinsdae, Woensdae en Donderdae van 09:00 tot 16:00 en elke laaste Saterdag van die maand van 09:00 tot 13:00 te besoek. . Vir enige navrae, Whatsapp na 071 375 1426 of e-pos na fr.nid@nid.org.za. . Promosie: neem die koerantuitknipsel van hierdie artikel na die NID Fabulous Finds-winkel en ontvang 50% afslag op jou aankope.
Geen afskrifte toegelaat.


