Sy uitnemende vertolkings van rolle soos ‘Ouboet” en “Ds. Tienie Benade” maak Frank Opperman by verre een van die bekendste en gewildste akteurs in Suid-Afrika is. Mense het Frank oor die jare deur sy kleurryke karakters leer ken en so het hy ’n huishoudelike naam geword.

Frank

Frank Opperman

As jy na Frank kyk sien jy dadelik in jou geestesoog vir Ouboet met sy bekende waggelstappie, skouers vooroor gegooi en gereedskap in sy hand. Frank het met Standard gesels oor sy nuutste produksie, Donkie, is eersdaags in Bonnievale te sien.

“Sedert die dae van Orkney Snork Nie was daar ’n magdom ander TV rolle en verhoogproduksies vir my gewees waaroor ek baie dankbaar is. Enkeles sluit in Die Vierde Kabinet, Gautengeleng en meer onlangs Pandjieswinkel en Munisipaliteit van Gwara Gwara. Die verhoog aan die anderkant is my speelplek,” vertel hy.

Frank het vir vier jaar in Worcester gewoon en sy laerskoolloopbaan hier voltooi waar hy as onderhoofseun van Laerskool Worcester-Oos vir homself naam gemaak het. “Dit is lekker om Worcester te besoek. Ek probeer gereeld ’n draai te maak. As ek in Worcester is voel ek soos ’n prefek. Dit is ’n mooi wêreld en ek mis dit soms,” sê Frank.

Sy nuwe tong-in-die-kies vertoning sal op Woensdag, 7 Augustus by die Janeza Plaasteater buite Bonnievale om 18:30 teen te siene wees. Kaartjies is per bespreking teen R180 per persoon.

Die vertoning handel oor Meneer Barry Swart, skoolhoof van Hoërskool Hans Oosthuizen wat onder druk is. Daar was ’n rassistiese voorval by die skool en iemand moet die saak beredder. Barry is gatvol vir al die beskuldigings wat sy rigting geslinger word. Dis Maandag oggend, hy stel sy saak.

“Ek hoop mense geniet hierdie vertoning. Dit is snaaks, maar daar kan baie daaruit geleer word,” voeg hy by.

Afgesien van teater het Frank nog een groot liefde. Musiek! “Ek is ’n closet rock star. As ek eendag grootword, gaan ek ’n kitaarspeler word’ skerts hy Frank. Hy het al ’n paar albums die lig gesien het en om musiek te maak bly steeds een van Frank se “guilty pleasures”. Hy was ook op Via, Dstv kanaal 147, te sien vir twee reekse van “Die ooms en die band” waar hy en ander bekendes deur Suid-Afrika met hulle orkes gereis het. By die huis is hy ’n pa, ’n lewensmaat, en iemand wat die lewe geniet en voluit leef.

Belangstellendes kan 082 978 7020 skakel vir meer inligting oor sy Bonnievale-vertoning.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article