Worcester-fotografie­klub skop die jaar se verrigtinge op 8 Februarie af met die tema vir die aand: “Vintage”. Dit beloof om ’n baie interessante aand van foto’s te wees. Die klub kom bymekaar in Hooggelegen-aftree- oord Langerug se saal om 19:00. Enige belangstellendes is welkom om te kom besoek. Bring asseblief jou rybewys of ID saam om by die hek te kan inkom en sê jy kom besoek die klub. Kontak Lin Adshade of whatsapp 082 638 5624 as jy belangstel om meer inligting te bekom. Die tyd mag dalk verander weens beurtkrag­skedules wat weer van krag is.Foto: Lin Adshade


Fotografieklub byeen

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article