Die Worcester-fotografieklub se foto-tema vir sy byeenkoms vanaand (Donderdag 14 Maart) is landskappe. Die klub kom elke tweede Donderdag van die maand bymekaar by Hooggelegen-aftree-oord, Langerug, se saal om 18:30 vir 19:00. Alle belangstellendes is welkom om dit by te woon. Die klubaand word nie deur beurtkrag beïnvloed nie. Bring asseblief jou rybewys/ID saam om by die hek in te kom (vir sekuriteitsdoeleindes). Bring ook ’n koffie/tee-beker saam om iets te drink. Kontak Lin Adshade by WhatsApp of by 082 638 5624 indien u meer inligting verlang.Foto:


Fokus vanaand op landskapfoto’s

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article