Die jaarlikse Robertson fly-in-saamtrek is die afgelope naweek op die munisipale vliegveld gehou en dit was weer eens ’n groot sukses. Modelvliegtuigvlieëniers van so ver as Dubai het die fly-in spesiaal bygewoon. Met die groot verskeidenheid van onder meer vliegtuie, vegvliegtuie, radiobeheerde vragmotors en motorfietse was daar iets vir elkeen se smaak. Altesaam 56 vlieëniers het die byeenkoms bygewoon, en hulle het met meer as 100 vliegtuie en radiobeheerde voertuie gespog. Hobbyshop-uitstallings en heerlike kosstalletjies was deel van die saamtrek se sukses. Die 15-jarige Ryan Jepson van die Dubai was een van die vlieëniers wat uitgestaan het. Hy neem volgende maand weer aan ’n akrobatiese vertoning in Spanje deel. Die fly-in is aangebied deur Robertson Radio Flyers.Foto:


‘Fly-in’ ’n sukses

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article