Kaartjieverkope het pas oopgemaak vir wat beloof die grootste vroue-sportbyeenkoms ooit in Afrika te wees – die IKR se T20-wêreldbeker-kriekettoernooi.

Inwoners van die streek kan eerstehands die aksie geniet, met Paarl se Bolandpark wat een van die wedstrydstadions sal wees.

Die top-10-vrouekrieketspanne in die wêreld gaan in Februarie 2023 hierheen kom en die aksie begin op 10 Februarie wanneer Suid-Afrika die span van Sri Lanka in die openingswedstryd op Nuweland in Kaapstad gaan pak.

Aanhangers kan nou kaartjies koop vir die 23 wedstryde wat oor 15 dae in Kaapstad, die Paarl en Gqeberha gespeel word.

Die wêreld se beste vrouekrieketspelers sal die middelpunt vir ’n unieke Afrika-viering van krieket wees wat sal uitloop op ’n eindronde-naweek by Nuweland-krieketveld. Die wenner word Sondag 26 Februarie gekroon.

Kaartjiepryse begin by R60, met skoliere en pensioenarisse wat afslag kry. Kinders jonger as ses kan gratis toegang kry.

Spanne wat gaan deelneem, is Bangladesj, Ierland, Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Suid-Afrika, Sri Lanka en die Wes-Indiese Eilande.

Boland Park se T20-vrouewêreldbekerskedule is soos volg:11 Februarie15:00: Wes-Indiese Eilande vs. Engeland19:00: Australië vs. Nieu-Seeland13 Februarie15:00: Ierland vs. Engeland19:00: Suid-Afrika vs. Nieu-Seeland19 Februarie15:00: Pakistan vs. Wes-Indiese Eilande19:00: Nieu-Seeland vs. Sri Lanka

Die halfeind- en eindstryd vind almal op Nuweland plaas.

Kaartjies is nou beskikbaar by womens.t20worldcup.com/tickets

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article