Besthesda AME kerk akkommodeer vanjaar ’n geskiedkundige weergawe van die Boland Annual Conferences.
Die konferensie duur van vandag (Donderdag 20 Oktober) tot Sondag (23 Oktober).
Die konferensie word deur afgevaardigdes van 40 bestaande kerke asook ’n aantal buitelandse besoekers en besoekers van ander denominasies bygewoon.
Die gemeente het biskop Sylvester Beaman reeds Dinsdag (18 Oktober) met ’n orkesoptog van die hoek van Fischer- en Leipoldtlaan af na die AME kerk in Van Huysteenlaan hier verwelkom.
Hierdie geleentheid is ’n geskiedkundige saamtrek aangesien dit biskop Beaman se eerste jaarlikse konferensie in die Boland-distrik is sedert hy as biskop aangewys is.
Curnel Arnoldus, die same-roeper, sê die gemeente is die Here innig dankbaar om ná drie jaar die eerste kerk te wees wat ’n konferensie in lewende lywe met hul nuwe biskop het.
Die ordeningsdienste van nuwe en senior predikante vind Saterdag plaas.





