Mense wat nog nie planne gemaak het vir die laaste naweek van die maand nie, kan gerus by BC Wines ’n draai gaan maak.
Op Vrydag 25 en Saterdag 26 November bied die kelder sy sesde jaarlikse familiedag aan. Dit beloof pret en aktiwiteite vir die hele gesin, waaronder musiekoptredes, ’n hengelkompetisie asook waterwurms en speletjies vir kinders.
Boonop kan mense ook hul eie wyn-versnit kom maak.
Vir buitelugentoesiaste is hierdie ’n dag om nie mis te loop nie! Fietsryers kan inskryf vir die Big Cycle MTB-uitdaging, waarvan die roete deel was van vorige jare se Cape Epic.
Deelnemers kan kies tussen roetes van 65 km, 45 km of 25 km.
Vir die kinders en stappers is daar ook ’n 5 km-pretstap / prettraproete.
Vanjaar is daar ook weer ’n voetslaanroete wat die buitelug-ervaring nog meer spesiaal maak.
Vrydagaand kan mense deelneem aan die 10 km-nagpretloop en -rit.
Voorafopgestelde kampeerplekke is beskikbaar vir die feesgangers wat vir die naweek wil wegbreek of vroeg wil inval vir die hengelkompetisie.
Kosliefhebbers kan ’n sushi-klas kom bywoon by The Little Pink Chef.
Hier gaan mense geleer word hoe om hierdie heerlike seekos-happies voor te berei.
Bring jou familie en vriende en kom geniet ’n aksiebelaaide naweek.
Skryf aanlyn in vir die bergfietswedren, voetslaanroete, hengelkompetisie en vir kampeerplekke by www.bcfamilyday.co.za of skakel 023 340 4215 vir meer inligting.




