Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM) se branddienste kan bevestig dat hulle tans besig is met ’n veldbrand bo die Du Kloof Lodge op die N1.
Die brand, wat net voor 15:00 aangemeld is, hou tans geen bedreiging in vir die Du Kloof Lodge nie.
Daar is vyf helikopters geaktiveer. Twee van Henley Air, twee van die Provinsiale Rampbestuursentrum en een van Winelands FPA.
Twee gekontrakteerde grondspanne van NCC is ontplooi en die spanne word ondersteun deur vier brandbestrydingsvoertuie van ons Worcester-basis, wat die totale aantal personeellede op 34 te staan bring.
Die N1 is oop en verkeer vloei vrylik. Die KWDM Branddienste versoek dat motoriste nie stadiger ry of stop nie, om verdere voorvalle te vermy.





