Double Foot Shooters (in wit) is hier op die aanval teen Manchester United. Foto: Argief


Die sokkerklub Double Shooters FC is tans aan die voorberei vir die komende seisoen wat Saterdag 5 Februarie afskop.

Die klub, wat uit vier junior en twee senior spanne bestaan, neem vanjaar aan die Breede Valley Local Football Association (BLFA) se kompetisies deel.

Die klub se seniors oefen Dinsdae tot Donderdae van 18:00 tot 19:30 by Esselenpark, en die juniors slegs Dinsdae en Donderdae van 16:30 tot 18:00.

Die senior spanne word vanjaar deur Waldo Verhoog, Bardo Verhoog en Willie van Rooyen afgerig, terwyl die juniors deur Pieter Verhoog en Jacques Arendse touwys gemaak gaan word.

Nuwe lede wat by die klub wil aansluit, is ook welkom.. Kontak Pieter Verhoog by 082 787 9201, Bardo Verhoog by 083 257 2640 of Willie van Rooyen by 076 457 6062 vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article