Die kleintjies by Four Stars-dagsorg het Woensdag 25 Mei behoorlik Afrikadag gevier. Die kinders, asook die personeel, het verskeie tradisionele uitrustings aangetrek en het saam met kinders by ’n skooltjie in Zwelethemba gaan speel. Amanda Booysen, die eienaar en hoof van die skool, sê die doel met die vieringe was om die kinders meer te leer oor verskillende rasse en kulture en om ontvanklik daarvoor te wees.


Dis Afrikadag!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article