Wat voorheen as net ’n droom gesien is, het Saterdag 25 Februarie ’n werklikheid geword toe ongeveer 120 nasate van wyle Johannes en Anne Daames by Kleinplasie byeengekom het om hul stamboom en hul voorsate se ontstaan in Truterstraat in Victoriapark in Worcester te vier. Met hierdie samekoms wou die nageslagte hulde bring aan die rol van hul voorgangers asook om mekaar as familie beter te leer ken. Die Daames-familie het ’n ryp geskiedenis met verskeie voorsate wat hul merk as ambagsmanne, maar veral ook as musikante gemaak het. Een van die bekendste musikante van weleer was wyle Rudi Daames, wat nie net die leier van ’n bekende langarm-dansorkes was nie, maar ook as een van die bekendste saksofoonspelers gereken is. Ná die sukses van hierdie naweek se saamtrek is die reëlingskomitee nou reeds weer kliphard besig om hul volgende saamtrek te beplan.

Credit: SYSTEM

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article