Caydorique Swanepoel van die Laerskool Dagbreek in Robertson is in die o.13-Boland-Cravenweekspan opgeneem. Hy sal die Boland in die Junie-vakansie op Loftus Versveld in Pretoria verteenwoordig. Sy familie is tans besig met ’n geldinsamelings­projek om die koste van sy vervoer en verblyf te dek. Belangstellendes kan ’n lootjie koop vir R30, waarvan die hoofprys ’n gesinskaartjie vir die Sutherland-planetarium is. Stuur ’n WhatsApp-boodskap na 078 723 7990 vir meer inligting of om ’n bydrae te gee.


Cravenweek-speler

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article