Die Clovers-vlakkiekrieketspan het weggestap as die wenners van die vlakkiekriekettoernooi nadat hulle die Unknown-span met 10 paaltjies gewen het.Foto: Brian Richards Foto: Brian Richards

Credit: SYSTEM

Die eindronde van die vlakkiekriekettoernooi is op 18 Desember tussen die Clovers en die Unknown-vlakkiekrieketspanne beslis.

Die Clovers het die spannende wedstryd met 10 lopies gewen.

Japie Visser, die wedstrydsekretaris van die gemeenskapskrieketvereniging, het gesê 24 spanne het aan die toernooi deelgeneem, wat dit een van die grootste toernooie nog gemaak het.

Krieketspanne uit Riverview, Avianpark, Hexpark en Roodewal het almal Sondae tot die krieketvermaak vir ondersteuners bygedra.

Die kaptein van Clovers, Fyrin Hendricks, het die loot op ’n volgepakte Yorkshirepark gewen. Hy het besluit om Unknown eerste in te stuur om te gaan kolf – ’n besluit wat al vroeg vrugte afgewerp het toe Rayloon Steenberg met die derde bal van die wedstryd gebrul het deur van een van die openingskolwers ontslae te raak.

Unknown was vroeg op die agtervoet met ’n lopietempo wat effens stadig was weens die uitstekende boulwerk van Clovers.

Terwyl Rayloon Steemberg en Ubaid Allah elk twee paaltjies laat kantel het, was dit Charlton Fransman wat sy boulwerk laat geld het. Hy het op die dag vier boulbeurte afgelewer, 22 lopies afgestaan en vyf paaltjies geneem.

Clovers het Unknown uiteindelik tot 74 lopies beperk met Marco Alberts wat 37 hiervan aangeteken het. Hy was al kolwer wat teen Clovers se boulaanval weerstand gebied het.

Met die druk van ’n eindstryd kon enigiets gebeur, dus het Unknown rede gehad om optimisties te bly.

Clovers het egter deurgaans sy spiere gebult.

Die twee kolwers en boorlinge van Roodewal, Mario Marinus en Javier Visser, was van bal een af gefokus en het toegesien dat Clovers met 10 paaltjies wen. Visser het 36 lopies aangeteken terwyl Marinus die res van die 38 lopies gemoker het.

Marinus is met reg as speler van die wedstryd aangewys, maar volgens hom kon enige een van sy spanmaats dit kry.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article