Die Change Makers in Worcester het die afgelope Saterdag (14 Oktober) ’n geldinsamelingsveldtog in die saal van die NG kerk Audensberg in Van Riebeeckpark gehou. Verskeie produkte is by die geleentheid – wat onder meer deur verskeie televisiepersoonlikhede bygewoon is – opgeveil. Change Makers is ’n bediening wat mans help om uit die greep van bendes en dwelms te kom sodat hulle onder meer heelheid en vervulling in die lewe kan vind. Bo pronk lede van die Change Makers saam met die akteur Hykie Berg (middel) en die aktrise Kim Cloete. Foto: Enrico Claassen


Change Makers maak ’n verskil

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article