Die Ceres-polisie het skermgrepe van twee van die vier gewapende rowers aan Standard gegee. Dié twee word saam met hul makkers gesoek.

Credit: SYSTEM

Vier gewapende mans het ’n uSave-winkel in Nduli (Ceres) verlede Vrydag (5 Mei) om­streeks 14:15 van ’n onbekende bedrag geld beroof.

Volgens lt.kol. De Wet Kriel, stasiebevel­voer­der van die Ceres-polisie, het die vier gewapende rowers die kruidenierswarewinkel betree.

uSave se personeel is aangehou en die bestuurder van die winkel is gedwing om die kluis oop te sluit, waarna die rowers met ’n onbekende bedrag geld weg is.

Kriel sê dit is nie die eerste keer dat dié winkel beroof is nie, en dit het op minstens een vorige geleentheid onder ’n rooftog deurgeloop.

Geen beserings is aangemeld nie en die rowers is steeds op vrye voet.

Indien enigiemand inligting oor die voorval het, kan die ondersoekbeampte, sers. Seroot, in werkstyd by 023 316 8500 gekontak word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article