Die kykNET- Buite-ekspo Wes-Kaap vind binnekort weer by Môreson-plaas net buite Malmesbury plaas – dié keer van 24 tot 26 Maart.

Die ekspo beloof weer om soos altyd iets vir almal te bied. Die fokus is soos altyd op die talle buitelewe-uitstallers wat van die jongste produkte tans in die buitelewe- kampeer- en 4×4-mark beskikbaar het.

Verskeie aktiwiteite word weer as deel van die ekspo aangebied. Hierdie jaar is Action Ford Malmesbury weer aan boord met die splinternuwe Ford Raptor-ervaring en ook Maniac 4×4, waar die publiek gratis saam met ervare bestuurders kan ry en sien waartoe hierdie ongelooflike voertuie in staat is.

Kom ervaar ook die gewilde helikopter-ritte en bekyk die Swartland uit die lug. ’n Lekker braai/potjie-kompetisie word weer saam met Jimmy’s Sauces en kykNET akteurs aangebied.

Skougangers moet ook nie vergeet van ons Hankook-kunstenaars wat gaan optree nie, onder wie Irene-Louise van Wyk, West, Tasché, Desmond Wells, Johan Liebenberg, Wynand Windpomp, Dewald Dippenaar, Chereé, Rooies, Sone Joubert, Rooiwyn Profeet, Nicky de Kock en Riaan Grobler, wat op sy beurt ook die seremoniemeester vir die naweek is.

Ry ook gratis saam met die immergewilde “Mnr 4×4”, André de Villiers van André 4×4 en aanbieder van Safari 4×4 Roetes op kykNET. André sal die publiek in verskillende fabrikate voertuie op die kykNET-baan op ritte neem – saam met kykNET-sepie-akteurs!

Nog iets nuut vanjaar jaar is pret- rofstoeivertonings deur Mother City Wrestling, wat beloof om hope vermaak te verskaf.

’n Groot verskeidenheid kos- en wynverskaffers sal ook beskikbaar wees.

Vir die vroue word ’n kuns- en snuffelmark ingerig, waar ’n groot verskeidenheid hoëgehalteprodukte beskikbaar sal wees.

Vir die jongspan is daar ’n lekker groot pretpark en Lollos verras weer die Sondagoggend met een van hul treffer vertonings, Skattejag.

Beperkte kampering is op die terrein beskikbaar – stuur e-pos na admin@moresonmalmesbury.co.za.

Puik “Glamping”-tente kan ook bespreek word by ryno@you2camp.com.

Dagbesoeker-kaartjies is beskikbaar deur TicketPro asook by die hekke tydens die ekspo.

Dagbesoeker-pryse wissel van R25 vir kinders tot R100 vir volwassenes, afhangend van die dag.

Besoek gerus die webwerf www.ekspo.co.za.

Enige navrae kan gerig word aan Tersia by accounts@ekspo.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article