Vlamme verswelg hier ’n stoor op die perseel van die Brandvlei gevangenis.Foto: Facebook

Credit: SYSTEM

’n Groot stoor by Brandvlei-gevangenis was vanmiddag (5 Februarie) in ligte laaie toe ’n veldbrand deur die terrein van die gevangenis gewoed het.

Breedevallei-munisipaliteit se woordvoerder, Chad Malgas, het bevestig dat ’n veldbrand wat vroeër daar uitgebreek het na die gebou geskuif.

“Daar het ’n veldbrand by die Brandvlei tronk ontstaan wat ongelukkig na een van hul store versprei het. Die stoor is heeltemal deur die brand verswelg,” het hy gesê.

Brandweerspanne van beide die Breedevallei-munisipaliteit (BVM) en die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM) is op die toneel.

“BVM en KWDM personeel is aan diens, tesame met lede van Working on Fire. Die spanne doen voorkomende damping down van omliggende strukture en verseker ook dat die verbrande stoor nie weer vlam vat nie. Ongelukkig woed die brand steeds, maar hierdie word ook nou gemonitor,” verduidelik hy.

Tans op die toneel is drie brandweerwaens van die verskeie betrokke rolspelers en agttien van Breedevallei brandweer se personeel.

Die brand is ook aangehits deur sterk winde wat vandag weer in die vallei gewoed het.

Lees Donderdag in die Standard & Gazette meer oor die omvang van die skade.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article