Niks bruikbaar is van dié winkel, wat uit ‘n vraghouer in Durbanstraat bedryf is, oor nie. Foto: Ronél van Jaarsveld

Die brandweer in Worcester het Maandagoggend vroeg ingespring om die vlamme in ‘n brandende vraghouer, wat as winkel gebruik word, te blus.

Die vraghouer staan voor op ‘n leë erf in Durbanstraat.

Die eienaar van die winkel het aan die polisie gesê sy het dit Saterdag om 18:00 gesluit en alles was toe nog reg, het AO Vathiswa Jacobs, ‘n woordvoerder van die Worcester-polisie, gesê.

‘n Man wat langs die vraghouer woon, het glo gesê hy het ‘n kers gehad wat hy nie uitgeblaas het nie, wat die brand veroorsaak het.

Alles wat binne-in die vraghouer was, is in die brand verwoes.

Die eienaars van winkels wat aan weerskante van die vraghouer geleë is, was baie verlig dat die brand nie na hul geboue versprei het nie en het ‘n wakende oog gehou terwyl die brandweer die vlamme geblus het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article