’n Heerlike craftbierfees word op 1 Oktober by Mountain Mill Mall gehou met Bok van Blerk as gaskunstenaar.
Die hek open om 11:00. Vier plaaslike boetiekbrouerye en plaaslike kelders se produkte sal beskikbaar wees.
Daar sal ook stalletjies met heerlike kos en allerlei lekkernye vir die smulpape wees.
Al die verrigtinge gaan onder tente plaasvind.
Verskeie kunstenaars gaan deur die loop van die dag optree, waarna die rugby om 17:00 op die grootskerm vertoon gaan word. Ná die rugby sal Bok van Blerk optree.
Kaartjies kos R100 vir volwassenes en R50 vir kinders onder 18.
Kinders onder vyf kan gratis ingaan. Kaartjies is beskikbaar by die Mall se inligtingskiosk.
Daar is net ’n beperkte aantal kaartjies beskikbaar. Vir mense wat sou verkies om elektronies in te betaal, kan daar reëlings getref word.
Kontak Arie Fourie by 082 822 6698 of arie@mountainmill.co.za vir navrae.




