Nuwe tegnologie kom en gaan, en elke dag is daar meer gevorderde of alternatiewe apparate en apps wat mense kan gebruik.

Weet jy van die nuwe X? Dit is mos nie meer Twitter nie; daardie bekende blou voëltjie het gefluit, en sy storie is uit. Elon Musk het die naam van dié app na X verander.

Tegnologie verander daagliks, en dit is onmoontlik om jou vinger op die pols te hou, maar daar is net sekere ononderhandelbares wat eenvoudig nie misgekyk kan word nie.

Dit is belangrik dat mense weet hoe om ’n WhatsApp te stuur, en daardie app aflaai.

Mense kommunikeer nie sommer meer met SMS’e nie en ’n mens maak deesdae baie staat op WhatsApp se oproep-opsie wanneer jy by Wi-Fi is omdat dit heelwat goedkoper is.

Weet jy hoe om e-pos te stuur? Die meeste mense het reeds ’n Gmail-e-pos-adres omdat Android-fone dit vereis.

Is jy vertroud met Google Drive, WeTransfer, Facebook en Instagram? Dit is belangrike tegnologie wat nie misgekyk kan word nie, omdat ’n mens nie eintlik meer daarsonder kan kommunikeer nie.

Vergewis jouself daarom van die basiese tegnologiese apparate, want mense kan nie meer verwag ander moet jou tegemoetkom met net ’n pen en papier nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article